Klipspringer:

David Kramer

Waar die klipspringer spring
oor die rotse so rooi
en ’n handjievol as
word teen die hemel gegooi

daar wil ek loop
daar wil ek wees
daar waar die wind jou naam
in die spore kan lees
Daar wil ek bly
daar wil ek gaan
daar wil ek dans
onner die spanspekgeel maan

Dis die berge wat brand
as die son ’n draai stap
Ek ken elke rant
ek het daai paadjies getrap

Daar wil ek loop
daar wil ek wees
daar waar die wind jou naam
in die spore kan lees
Daar wil ek bly
daar wil ek gaan
daar wil ek dans
onner die spanspekgeel maan

Tussen die katbos ennie boegoebossiegeur
loop ek in my drome die ou klowe deur
Ek ken elke paadjie elke draaitjie elke kuil
My oë is droog is net my hart wat huil


Byderhand
©2018