“Eendag was daar drie sussies wat by die noordbrug langs die mooi rivier gebly het. Die eerste sussie het gedans, drama gedoen, en het baie vriende gehad. Die derde sussie het tennis en hokkie gespeel en het altyd eerste in haar klas gestaan.
En die middelste sussie? Die middelste meisiekind het gereis.”
Tinboektoe toe is die storie van die Middelste Meisiekind wat met haar wondertuig op reis gaan. Tydens die reis versamel sy brokkies stories en stuur dit op poskaarte vir haar vriende. En soos vriende maak, skryf hulle terug...
Tinboektoe toe is the story of the Middelste Meisiekind (Middle Girly) who goes on a journey in her wonder craft. On her journey she, amongst others, collects stories and sends postcards to her friends. And as friends do, they write back...
Tinboektoe toe toep (app) is 'n digitale weergawe van die kunstenaarsboek, Tinboektoe toe. Die oorspronklike kunstenaarsboek is die werk van Franci Greyling en is geskep binne ʼn interdissiplinêre kreatiewe navorsingsprojek, Oor die einders van die bladsy/Transgressions and boundaries of the page (2009-2011) waarin kunstenaars en skrywers genooi is om met die grense van die boek te eksperimenteer. (Lees meer oor die projek, kunstenaarsboeke en Tinboektoe toe.)
Die kunstenaarsboek en toepassing is deel van die Booknesses-uitstalling in die Fada Galery, UJ, 24 Maart tot 5 Mei 2017.
Tinboektoe toe app is a digital version of the artist's book, Tinboektoe toe. The original work by Franci Greyling formed part of the Transgressions and Boundaries of the Page project (2009-2011). In this interdisciplinary practice-based research project artists and writers were invited to experiement with artists' books. (Read more about the project, artist's books and Tinboektoe toe.)
The artist's book and app is exhibited in the Booknesses: South African Book Arts Exhibiton, Fada Gallery, UJ. 24 March to 5 May 2017.
Produksiespan / Production team:
Konseptualisering / Conceptualisation: Franci Greyling, Wildrich Fourie & Christiaan van der Westhuizen.
Programmering / Programming: Wildrich Fourie
3-D modellering en
animasie / 3-D design and animation: Louis Fourie
Afronding / finishing: Gustaf Tempelhoff
Toestemming: Byderhand is ʼn kreatiewe en navorsingsprojek oor (plekspesifieke) digitale literatuur. Wanneer jy deelneem aan die projek verleen jy toestemming dat die data vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Jou deelname aan en terugvoering oor die projek is waardevol.