‘n Interaktiewe leeservaring in die Tuin van Digters, Breytenbachsentrum, Wellington.

in die tuin van die digter
skyn die son soos ’n leeslamp
en blaai die wind deur die blare

(Daniel Hugo)

Die digterstuin bied ’n ontdekkingstog vir besoekers wat weer, of vir die eerste keer, die wonder van die Afrikaanse digkuns beleef. In hierdie tuin word Afrikaanse gedigte, van vroeëre en klassieke tot meer hedendaagse werke, op interessante mediums (o.a. teëls, uithangborde, beeldhouwerke ens) uitgebeeld.

Ervaar nou ook digitale gedigte van Danie Marais, Alfred Schaffer, Zandra Bezuidenhout, Hennie Nortjé, Daniel Hugo en kinderverse van Franci Greyling.

Lees met jou selfoon of tablet gedigte in die Tuin van Digters.  Skandeer die QR-kode en ervaar gedigte en die tuin op ʼn nuwe manier. Gebruik gerus oorfone vir ʼn persoonliker ervaring.




So maak mens:


Die Breytenbach Sentrum in Wellington is ’n multidissiplinêre kultuursentrum vir opleiding in, en omgang met beeldende kunste, musiek, drama en skryfkuns. Kom deel in gesprekke, idees, opleiding en werkswinkels en kom beleef kuns, musiek en drama. 

Die jongste toevoeging tot die kultuursentrum is die Tuin van Digters. Die jaarlikse Fees van die digters word hier aangebied.

Hierdie digters-byeenkoms het sy ontstaan te danke aan ’n parkeerarea op die perseel wat ses jaar gelede in ’n lowergroen tuin omskep is. In hierdie tuin word Afrikaanse gedigte, van vroeëre en klassieke tot meer hedendaagse werke, op interessante mediums (o.a. teëls, uithangborde, beeldhouwerke ens) uitgebeeld. Dié digterstuin bied ’n ontdekkingstog vir besoekers wat weer, of vir die eerste keer, die wonder van die Afrikaanse digkuns beleef. Dit is ’n lewende en organiese projek waarin die gedigte jaar-na-jaar aanplant soos die tuin ontwikkel.

Jaarliks in September, wanneer die tuin in die lente op sy mooiste is, vier ons die Afrikaanse digkuns tydens die Tuin van Digters deur voorlesings, gesprekke, musiek, rymklets, woordkunsproduksies en die visuele kunste wat verband hou met die digkuns. Hierdie fees, waar digters en kunstenaars in ’n intieme atmosfeer interaksie het met die meelewende gehoor, het oor die afgelope vyf jaar ’n vaste staanplek gekry in die Afrikaanse letterkunde. Die fees groei jaarliks, die media-belangstelling neem toe en die digters neem met groot entoesiasme deel.

Meer inligting oor die Breytenbachsentrum: http://www.breytenbachsentrum.co.za/

           • Verskaffing van praktiese materiaal vir die opleiding van studente

           • Bewaring van skaars en bedreigde plante

           • Navorsing en navorsingsondersteuning

           • Opvoeding van die plaaslike gemeenskappe oor relevante omgewingskwessies

Kort geskiedenis

Die NWU Botaniese Tuin se oorsprong strek terug na 1962, toe dr. WJ Louw, ’n Plantkunde-lektor, die tuin ontwikkel het om plantmateriaal vir Plantkunde-praktikums te verskaf. Met die koms van dr. DJ Botha, ’n Plantkunde-lektor in Taksonomie, in 1971 was die impetus daar om ’n botaniese tuin te ontwikkel. In die 1970’s het die Botaniese Tuin onder die toesig van mnr. B Ubbink, die eerste kurator, floreer. Op 24 November 1982 is die Botaniese Tuin amptelik vir die publiek oopgestel deur dr. WJ Louw. Die Botaniese Tuin geniet tans ’n groot herlewing en is beslis die moeite werd om te besoek.

 

Tuin en klimaat

Die Botaniese Tuin is langs die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit geleë. Dit dek ’n oppervlakte van bykans drie hektaar. Die meeste van die plante in die Botaniese Tuin is inheems, met die uitsondering van ’n paar eksotiese plante wat van botaniese, medisinale of opvoedkundige belang is. ’n Gedeelte van die tuin rondom ’n mensgemaakte rotsrif word as ’n natuurlike veldtuin bestuur, terwyl die res van die tuin meer intensief bestuur word. ’n Verskeidenheid soogdiere, voëls, amfibie en visse het die afgelope jare die tuin hulle tuiste gemaak, en verskaf ’n hele nuwe dimensie aan die Botaniese Tuin.

Potchefstroom is in ’n laagliggende gebied aan die Mooirivier in die Hoëveldstreek van Suid-Afrika geleë. Die streek word gekenmerk deur koue, droë winters met ryp wat dikwels voorkom, en warm somers met gereelde donderstorms. Die gemiddelde reënval is 767 millimeter per jaar. As gevolg van koue lug wat in hierdie laagliggende gebied afsak, is temperature so laag as minus 10 °C in die winter in die Botaniese Tuin gemeet. Hierdie uiterste klimaat het ’n groot invloed op die verskeidenheid plantspesies wat met sukses in die tuin gekweek kan word.

 

[ http://www.nwu.ac.za/af/content/botaniese-tuin-tuin]






...

Danie
Marais

Meer


...

Alfred
Schaffer

Meer


...

Zandra
Bezuidenhout

Meer


...

Hennie
Nortjé

Meer


...

Franci
Greyling

Meer


...

Daniel
Hugo

Meer


...

Riku
Lätti

Meer


...

Chérie
Cordier

Meer


...

Ricardo
Liut

Meer


...

Philip
van Heerden

Meer


...

Liam
Longland

Meer







Toestemming: Byderhand is ʼn kreatiewe en navorsingsprojek oor plekspesifieke digitale literatuur. Wanneer jy deelneem aan die projek verleen jy toestemming dat die data vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Jou deelname aan en terugvoering oor die projek is waardevol.