Byderhand is 'n eksperimentele ruimte vir skep, skryf en lees in nuwe kontekste met besondere fokus op plekspesfieke digitale literatuur.

 

Die projek is die eerste keer aangebied by Clover Aardkop Nasionale Kunstefees 2015 (6 tot 10 Oktober 2015) as 'n interaktiewe leesfees vir ieder en elk.

Die projek het uit vier subprojekte bestaan: Tuinverse in die Botaniese Tuin, Rusplekstories in die Boeke-Oase, ‘n Dwaalverhaal by die Hoër Tegniese Skool (HTS) en Taxistrips op die pendelroete. Hier kon besoekers met 'n selfoon of tablet gedigte en stories in Potchefstroom oor Potchefstroom lees en nuwe werk van gevestigde en opkomende kunstenaars ervaar.

Ná die fees leef Tuinverse voort as 'n permanente installasie in die NWU-Botaniese Tuin. Die Botaniese Tuin is weeksdae oop tussen 08:00 en 16:00.

Die Rusplekstories kan sedert Augustus 2016 in De Jonge Akker op die NWU Potchefstroomkampus gelees word.

In 2016 is 'n projek by die Digterstuin, Breytenbachsentrum, Wellington onderneem.

In 2017 en 2018 is 'n projek in samewerking met die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester aangepak.
Hierdie projek bestaan uit Tuinverse in die multisensoriese tuin op die skoolterrein en Pionierstories op die skoolterrein en in Blindiana Barista (Innovation for the Blind).

Die Karootuinverse-projek, as deel van die braillewandelpad in die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin is in 2022 bekendgestel.
Die projek is in samewerking met die tuinbestuur onderneem.


 

Erkenning en toekennings:
ATKV-Aartvark-Prys vir Grensverskuiwende Werk - Clover Aardklop Nasionale Kunstefees 2015
NWU IRECO Institusionele Navorsingstoekenning vir kreatiewe uitsette 2016
NIHSS Toekennings - Finalis in die Digitale Humaniora afdeling 2017
ELC4 - Byderhand-Pioniertuinverse is opgeneem in die Electronic Literature Collection 4 2022:https://collection.eliterature.org/4/
HYPERTEXT & ART - Byderhand is opgeneem in die terugskouende uitstalling, Hypertext & Art: A Retrospective of Forms, Capitoline Museum, Rome, 6-20 September 2023 https://the-next.eliterature.org/exhibition/hypertext-and-art/





 

Om deel te neem aan die projek moet jy jou selfoon of tablet met internettoegang byderhand hê. Laai ʼn QR-leser af (QR code reader), skandeer die QR-kode en geniet die leeservaring.

 

Wat is 'n QR-kode? Wat is 'n QR-leser?

QR-kode, afkorting vir Quick Response Code, is die handelsmerk vir 'n tweedimensionele stafieskode. Die kode is in Japan ontwikkel en is aanvanklik in die motorvervaardigingsbedryf gebruik. QR-kodes word deesdae vir baie gebruike ingespan, onder andere om direkte toegang tot die internet te kry. Gewoonlik word 'n slimfoon (of tablet) as 'n QR-skandeerder gebruik. Om 'n QR-kode te kan lees, is dit nodig om 'n QR-leser (bv. QR code reader) op die mobiele toestel af te laai. Die geskandeerde kode word dan in 'n bepaalde vorm omgeskakel, byvoorbeeld na 'n URL vir 'n webwerf. Gebruikers kan hulle eie QR-kodes aanlyn skep.

 

Byderhand word aangebied deur die Vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Die projek word onderneem in die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse Konteks en vorm ook deel van die vestiging van digitale humaniora aan die Noordwes-Universiteit. Die projek word befonds deur die Navorsingseenheid en die vakgroep Skryfkuns in die Skool vir Tale. Die Dagbreek Trust het die aanvanklike produksie by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees (2015) befonds.




So maak mens:





...

Tuinverse

Sien meer


...

Pionierskool

Sien meer


...

Digterstuin

Sien meer


...

Rusplekstories

Sien meer


...

Dwaalverhaal

Sien meer


...

Taxistrips

Sien meer

 

Byderhand-Pionierprojek: ʼn Multisensoriese tuin, toeganklike lokatiewe literatuur en verrykende ervarings – Franci Greyling – Spectrum, Het Zuid-Afrikahuis – Januarie 2023 https://www.zuidafrikahuis.nl/2023/01/31/byderhand-pionierprojek-n-multisensoriese-tuin-toeganklike-lokatiewe-literatuur-en-verrykende-ervarings/

Insetsel oor die Braillewandelpad in die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin – 50/50 Omgewingsprogram – SABC2 – 23 Januarie 2023

Karoo Desert Garden goes Braille – Tamsyn Janjies – Standard – 10 October 2022

Karoo Desert National Botanical Garden’s open unique Braille Trail – Olerato Ramafsi – Getaway – 4 October 2022
https://www.getaway.co.za/travel-news/karoo-desert-national-botanical-gardens-open-countrys-first-braille-trail/

Engage all your senses in this world first for plant lovers – Botsoc National – Botanical Society – 7 October 2022
https://botanicalsociety.org.za/engage-all-your-senses-in-this-world-first-for-plant-lovers/

Leesstof op die plek: altyd byderhand – Anneke Langner – Afrikaans Flink – Julie 2021
https://viewer.joomag.com/flink-julie-2021-48/0486234001626365533r

Byderhand-Pionierstories: ‘n interaktiewe leeservaring – Franci Greyling – Die Pionier - Februarie 2019, Jaargang 87, No 1

Projekte help sprekers van Stille Afrikaans (Woordwisseling) – Gerhard van Huyssteen – Beeld – 26 Oktober 2018 - https://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/projekte-help-sprekers-van-stille-afrikaans-20181025

Francois se gedig deel van ‘n ‘wêreld eerste’ - Gansbaai Courant – 4-10 Oktober 2018

Tuin van hande en stories – Engela Duvenhage - Netwerk 24 (Aktueel) – By Burger – 29 September 2018
https://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/tuin-van-hande-en-stories-20180928#loggedin

Skryfkuns vat hande met ‘n siggestremde gemeenskap NWU & U Alumni-publikasie van die NWU – September 2018
http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-media/nwu&uAFR042018/writing-school.html

Worcester – Rouxné van der Westhuizen - Blog: Kluisenaarsklaviere – 9 September 2018
https://kluisenaarsklaviere.com/2018/09/09/worcester/

NWU stel vernuwende literatuurprojek vir visueelgestremde persone bekend Franci Greyling
NWU aan die voorpunt – 20 September 2018
http://news.nwu.ac.za/af/nwu-stel-vernuwende-literatuurprojek-vir-visueelgestremde-persone-bekend

Byderhand-Pionierstories in Blindiana – Rouxné van der Westhuizen – 12 September 2018
Netwerk 24 – Worcester Standard  https://www.netwerk24.com/ZA/Worcester-Standard/Nuus/byderhand-pionierstories-in-blindiana-20180912-2

Siggestremdes ontdek prag van tuin – Phiwo Mothemela - Netwerk 24 – Worcester Standard – 17 September 2018 - https://www.netwerk24.com/ZA/Worcester-Standard/Nuus/siggestremdes-ontdek-prag-van-tuin-20180912-2

Hulle vóél Afrikaans – Alita Steenkamp en Rene Arendse – Netwerk 24 – Kuier – 14 September 2018
https://www.netwerk24.com/Kuier/hulle-voel-afrikaans-20180914?IsAutoPublishArticle=true

Skryfkuns maak ‘n verskil by Pionierskool – Lelani Ludic – Wapad – 30 Augustus 2018

Worcester Standard: "Multisensoriese tuin vir Worcester" - Suna Verhoef - 11 Mei 2017

Byderhand-projek maak woorde ’n multisensoriese ervaring - Afrikaans.com - 2 Maart 2017 http://www.afrikaans.com/news-headlines/taalnuus/byderhand

Byderhand rusplekstories in De Jonge Akker - Eish - September 2016

http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-media/I-eish-201606/byderhand.html
http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-media/af-eish-201606/byderhand.html
http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-media/tn-eish-201606-3/byderhand.html

LitNet: "Clover Aardklop 2015: Onderhoud oor die Byderhand-leesprojek" - Naomi Meyer - 28 September 2015 http://www.litnet.co.za/clover-aardklop-2015-onderhoud-oor-die-byderhand-leesprojek/

Maroela Media: "Raak deel van 'n interaktiewe leeservaring" - Burger Meyer - 8 Sept 2015 http://maroelamedia.co.za/blog/afrikaans/luister-raak-deel-van-n-interaktiewe-leeservaring-by-aardklop/

Kyk: Tuinverse groei soos wilde knoffel – Jo Prins – Netwerk24 - 04 Oktober 2016 http://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/tuinverse-groei-soos-wilde-knoffel-20160930

‘n Tuin vol gedigte – ‘n nuwe ervaring - e-PUKaner (Augustus 2016)
http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/p-alumni/documents/e-PUKaner_Aug2016.pdf

‘n Storie-avontuur op HTS se skoolterrein – Potchefstroom Herald – 23 Junie 2016 (p 13)

Interaktiewe kuns (‘n Interaktiewe leesfees) – Stephanie Nieuwoudt – Taalgenoot -  Lente-uitgawe 2015

"Aardklop sommer 'Byderhand'" – Ida Steenkamp – Wapad, 3 September 2015 (p 4)

 







Toestemming: Byderhand is ʼn kreatiewe en navorsingsprojek oor plekspesifieke digitale literatuur. Wanneer jy deelneem aan die projek verleen jy toestemming dat die data vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Jou deelname aan en terugvoering oor die projek is waardevol.